Spelers
Spelers vanaf so 6 jaar kan deelneem. Tieners, jongmense en grootmense speel net so lekker BOEREPLAAS! Dit is ‘n spel vir oud en jonk en die ideale spel vir families.
Die spel kan deur 2 tot 6 spelers gespeel word. Een van die spelers (of ‘n person wat nie deelneem aan die spel nie), kan as die Bankier van die Boere Bank funksioneer.
Tydsduur
Die tydsduur van die spel is ongeveer 30 tot 60 minute
Om die spel te begin
• Kry ‘n groot tafel met genoeg sitplek vir elke speler, plek vir sy bord en geld wat deur die bank voorgeskiet word. Elke speler kry een bord (wat ‘n plaas verteenwoordig).
• Die Bankier (een van die spelers) deel nou die volgende geld uit aan elke speler: 1xR500; 2xR200; 4xR100; 4xR50; 4xR20; 5xR10 vir ‘n total van R1,630.
• Al die kaartjies word deurmekaar geskommel (prent- en opdragte kaartjies) en in die middel van die tafel geplaas.
• Een speler begin die spel en trek dan die boonste kaartjie uit die geskommelde kaarte.
• Die opdragte kaartjie se opdragte moet uitgevoer word, terwyl die prentkaarte (opsioneel) aangekoop kan word indien dit opgetel word.
• Betalings moet aan die Boere Bank deur die Bankier gedoen word, tensy die kaartjie ‘n ander opdrag gee.
Toebehore
Die toebehore vir die spel bestaan uit 6 borde (of plase); 132 kleurkaartjies (gewasse, vee & implemente) en geldkaartjies met ses denominasies.